Info




NEW LIFE   - Instrumentale elektroniese musiek

New Life is 'n album wat saamgestel is uit musiek wat ek van 1993 tot 1997 geskryf het. Ek het gebruik gemaak van 'n rekenaarprogram en 'n klankbiblioteek om die verwerking te doen. Al die klank is elektronies.

(The music of New Life was written more or less from 1993 to 1997. It was arranged real time with a computer program, Power Tracks Pro, and the Roland Sound Canvas. All instruments used are electronic.)


LIFE TO ENJOY  - Klavier musiek

Life To Enjoy is 'n album van klavier musiek. Die musiek is ongeveer van 1995 - 2010 geskryf. Dit is opgevoer deur myself en opgeneem in die Endler saal van die Universiteit van Stellenbosch  se konservatorium.  Een van hul konsert vleuelklaviere is gebruik.

( The music for piano was composed from 1995-2010. It was recorded on Grand piano in the Endler Hall, University of Stellenbosch.)


ORKESTRASIES - Simfoniese orkes musiek

Twee van die orkestrasies(Liefde, Lig en Suiwer; Vrolike Ligte) se klavier weergawes is ook opgeneem en kan geluister word by Life To Enjoy. Dit is elektronies "uitgevoer" deur  die Sibelius en Reaper rekenaarprogramme en die EastWest Symphonic Orchestra klankbiblioteek.  Hierdie twee orkestrasies is onderskeidelik die derde en vierde beweging van 'n orkeswerk wat ek as geheel 'Liefde, Lig en Suiwer' noem,wat dan ook die benoeming is van die derde beweging. Die eerste en tweede bewegings word 'Verlustig' en 'Ongekende Attribute' genoem.  Die klavierweergawes daarvan kan geluister word by die album 'Life to Enjoy'.

Vir interessantheid is 'n orkestrasie van 'n klavierwerk Mercutio No.8  van Prokofiev ook daar om te luister.

(As part of Orchestration studies, I orchestrated two of my piano works. You can listen to the piano versions at Life To Enjoy. The orchestrations were "played"by the computer programs Sibelius and Reaper and the EastWest Symphonic Orchestra  sound library.  One of my orchestrations, 'Love, Light and Purity - Liefde, Lig en Suiwer,  was performed by a symphonic orchestra at the University of Stellenbosch in 2011.  )

Daar is ook een orkestrasie(Liefde, Lig, Suiwer(3de beweging van orkeswerk met soortgelyke naam)) wat uitgevoer is deur die simfoniese orkes wat saamgestel was vir die Kompos Collaboration 2011 konsert wat in die Endler, Universiteit van Stellenbosch, gehou is.


VOCAL RECORDINGS  - Musiek met woorde wat ek uitgevoer en opgeneem  het.

2011 : 'n Opname  van musiek  met woorde wat ek geskryf het die afgelope paar jaar tot en met 2011.  

(Some music with words I wrote. It was performed by myself and recorded in the Fismer Hall, University of Stellenbosch)

2014 :  Paar  opnames van nuwe musiek met woorde wat ek tuis opgeneem het. 

(New home recordings of songs that I wrote.)


VIDEO CLIPS

Twee video clips is van musiek wat omtrent in 2000 elektronies verwerk was.  Die een van Liefde, Lig en Suiwer is gemaak met die musiek wat deur die Kompos Orkes opgevoer is. 


KUNSWERKE 

Die lieflike kunswerke by Life to Enjoy, Orchestrations, New Life, Vocals en Work for Choir and Orchestra, is deur Michelle-Lize van Wyk.  Meer van haar werk is te sien op haar webblad.  (http://www.michelle-lize.co.za)


Make a Free Website with Yola.